On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Fri, 14 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die Amerikaanse departement het gister die eerste WASDE-verslag vir 2022 vrygestel. Die verslag het altyd ‘n groot uitwerking op die mark.

Amerikaanse mieliepryse het 0,5% in die rooi gesluit ná ‘n wispelturige verhandelingsessie weens handelaars wat goeie opbrengste in Amerika met sukkelende oeste in Suid Amerika probeer balanseer het.

Die witmieliemark het vir lewering in Julie 2022 R18/ton laer verhandel vir die dag om teen R3 539/ton te sluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie R13/ton laer verhandel om teen R3 595/ton te sluit.


Sojabone:

VSA sojaboonpryse het 1% sterker verhandel nadat die WASDE-verslag laer produksieverwagtinge vir Brasilië aangedui het.

Die WASDE-verslag het ook ‘n afname in wêreldeindvoorrade aangedui.

Die plaaslike mark het effens positief verhandel.

Die soja Januarie ’22-kontrak het R30/ton hoër verhandel teen R8 130/ton. Die soja Maart ’22-kontrak het R42 hoër teen R8 102/ton verhandel. Die soja Mei ’22-kontrak het teen R7 977/ton, slegs R12 hoër, verhandel.


Koring:

Amerikaanse koringpryse het 1,8% swakker verhandel nadat die WASDE hoër produksie en eindvoorrade voorspel het. Amerika se voorspelde uitvoer het ook met 1,8% gedaal.

Die plaaslike mark het in die negatiewe kant verhandel.

Die koring Januarie 22-kontrak het teen R5 935/ton verhandel. Die koring Mei ’22-kontrak het teen R6 039/ton verhandel.


OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.