On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Mon, 17 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand het vanoggend met 1,5% geklim. Suid-Amerika sal na verwagting vandeesweek ’n mate van verligting ten opsigte van reën kry. Alhoewel reën voorspel word, vrees ontleders dat die skade wat aangerig is deur die erge hitte dalk selfs meer skade aan die oeste aangerig het as wat die USDA aanvanklik in hul verslag verlede week voorspel het.

Suid-Afrikaanse produsente beweeg tans na die 36ste bemarkingsweek vir die 2021/22 mielieproduksiejaar. 

Die weeklikse SAGIS-produsenteleweringsverslag het aangedui dat vir die week geëindig 7 Januarie, 'n totaal van 3 593 ton witmielies gelewer is. 

Vir geelmielies is 'n totaal van 3 789 ton gelewer in die week wat op 7 Januarie geëindig het. Die binnelandse mieliekontrakte het vanoggend met gemengde neigings verhandel. 

Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R37/ton (+ 1,1%) hoër verhandel en teen R3 469/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R40/ton (- 1.1%) swakker verhandel en teen R3 531/ton gesluit.


Sojaboon:

Amerikaanse sojabone-termynkontrakte het hierdie week effens laer verhandel ná berigte van reënverligting wat Suid-Amerikaanse oeste in die komende dae gaan tref. Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand het vanoggend met 0,7% gedaal.

Die weeklikse SAGIS-produsenteleweringsverslag het aangedui dat vir die week geëindig 7 Januarie, 'n totaal van 1 030 ton sojabone gelewer is.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het geopen met marginaal-gemengde tendense in die kontrakpryse. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R6/ton (- 0,1%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 927/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand het vanoggend met 0,7% gedaal. In die internasionale koringmark hou markdeelnemers militêre samesprekings tussen Russies, Oekraïne en die militêre blok NAVO (Noord-Atlantiese Verdragsorganisasie) fyn dop. 

Op Vrydag 14 Januarie, het verslae aangedui dat militêre samesprekings stadig vorder. As 'n volskaalse inval in Oekraïne begin word, kan wêreldwye koringvoorrade beïnvloed word.

Die weeklikse SAGIS-produsenteleweringsverslag het aangedui dat 'n totaal van 34 916 ton koring gelewer is gelewer in die week wat op 7 Januarie geëindig het.

Die binnelandse koringkontrakte het geopen met 'n marginaal swakker tendens in die kontrakpryse. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R42/ton (- 0,71%) laer verhandel om uiteindelik op R5 861/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.