On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agri Hour

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus

───   05:00 Tue, 18 Jan 2022

Agri-Uur: Jongste Safex-nuus | News Article
FOTO: PHOTOXPRESS

Hierdie verslag word deur Graan SA (GSA) verskaf.

Mielies:

Die CBOT-mieliekontrakprys vir die naaste handelsmaand was vanoggend onveranderd omdat gister 'n federale vakansiedag was. 

Die USDA sou gister die uitvoerinspeksies vrystel, maar hierdie verslag is uitgestel weens 'n federale vakansiedag. 

Plaaslike Brasiliaanse landboukonsultasie-agentskappe het hul gewasproduksievooruitsigte hersien en hul mielieproduksie verhoog tot 115,6 miljoen ton, wat laer is as die vorige skattings van 116 miljoen ton. Hierdie vooruitsig is steeds bo die vorige seisoen se 90,7 miljoen ton. 

Die binnelandse mieliekontrakte het vanoggend met gemengde neigings verhandel. Die witmieliemark het, vir lewering in Julie 2022, R77/ton (+ 2,2%) hoër verhandel en teen R3 546/ton gesluit. Die geelmieliemark het vir lewering in Julie 2022, R48/ton (+ 1,41%) sterker verhandel en teen R3 579/ton gesluit.


Sojaboon:

Die CBOT-sojaboonkontrakprys vir die naaste handelsmaand was vanoggend onveranderd omdat gister 'n federale vakansiedag was. 

Ná die onlangse reën wat gebiede van Brasilië ontvang het, het landboukonsultasie-agentskappe die land se sojaboonvoorspelling met 4,2% tot 132,3 miljoen ton herstel. Hierdie syfer is steeds 'n daling van 8,5% vanaf voorseisoenskattings van 144,7 miljoen ton.

Die binnelandse sojaboonkontrakte het geopen met marginaal gemengde tendense in die kontrakpryse. Die plaaslike sojaboonmark het vir lewering in Mei 2022 met R50/ton (- 0,6%) laer verhandel om uiteindelik te sluit op R7 877/ton.


Koring:

Die CBOT-koringkontrakprys vir die naaste handelsmaand was vanoggend onveranderd omdat gister 'n federale vakansiedag was. 

Rusland se weeklikse koring-uitvoer het die naweek verdubbel en verlede week 1,1 miljoen ton bereik, wat steeds 18% laer is op 'n jaargrondslag. 

Deur die jaar was Turkye die belangrikste invoerder van Russiese koring, gevolg deur Egipte en daarna Kazakstan.

Die binnelandse koringkontrakte het geopen met 'n marginaal sterker tendens in die kontrakpryse. Die plaaslike koringmark het vir lewering in Mei 2022 met R49/ton (+ 0,84%) hoër verhandel om uiteindelik op R5 910/ton te sluit.


OFM-nuus


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.