Arts
OFM Kunsteklop: Ons onthou Prof. Deon Lamprecht─── 08:49 Tue, 22 Nov 2022

Op Sondag 27 November 2022 om 16:00 bied Alumni Voices olv Leona Geldenhuys en dr. Jan Beukes, Artistieke Hoof van die OSM, 'n produksie van Kersfeesmusiek aan ter herinnering aan Prof. Deon Lamprecht.
In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met Leona Geldenhuys oor die opkomende produksie “WeRemember/Ons onthou”.
Prof. Deon Lamprecht was die voormalige Hoof van die Departement Musiek by die Universiteit van die Vrystaat, wat vanjaar op 18 April 2022 oorlede is.
Volgens Leona het prof. Lamprecht diep spore in die harte van talle koorlede en kollegas getrap en het 'n wens uitgespreek dat daar geen huldigingsgeleentheid ter ere van hom aangebied mag word nie omdat die musiek harder gespreek het as die mens Deon Lamprecht.
“Ons het besluit om mooi herinneringe aan hom te huldig en oud-koorlede gaan weer saam sing om aan hom te dink! Die fokus is dus op mooi Kersfeesmusiek,” sê Leona.
Toegang is gratis en die produksie vind plaas op Sondag 27 November 2022 om 16:00 by die Odeion in Bloemfontein.