Arts
ATKV se 'Daar is die Lam' maak sy terugkeer na die verhoog─── 12:58 Mon, 27 Feb 2023
In die OFM Kunsteklop gesels Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens met CW Laten, Nic Beukes en Neels Vorster oor die Bloemfonteinse Gemeenskapsteater se jaarlikse Passiespele.
Merk nou dadelik jou kalender en kry jou kaartjies want op 10 & 11 Maart 2023 maak “Daar is die Lam”, sy terugkeer na die verhoog.

Maretha Maartens het die teks “Daar is die Lam”, spesiaal vir die Bloemfonteinse Gemeenskapsteater geskryf. Die aanbieding vertel die storie van Jesus se kruisiging, in ‘n nuwe, opwindende manier wat jou sal laat lag, huil en hoendervleis kry!

“Daar is die Lam” speel af by die Sand du Plessis Teater op 10 & 11 Maart 2023 en kaartjies is slegs R100 per persoon, R80 vir pensioenarisse, studente en groepbesprekings! Kaartjies beskikbaar by Webtickets.
