Arts
Narrewales met die Bloem Klown Troop by die Vrystaat Kunstefees─── 09:00 Tue, 04 Jul 2023
Die Bloem Klown Troop se lede Sjaka Septembir, Charl Henning en Oliver Bonga sluit by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens aan om te gesels oor die vryheid wat "clowning" hulle gee en nooi jou om saam te kom lag by die Vrystaat Kunstefees 2023.
Narrewales – lekker mannewales deur die narre van die Bloem Klown Troop.
Die Bloem Klown Troop is in Julie 2022 ná die Covid-19-pandemie deur Sjaka S. Septembir begin met die doel om mense te laat lag en vreugde in hul lewe te bring.

Narrewales se lekkerte lê in die unieke reeks komiese sketse, sorgvuldig saamgesnoer. Dit is vermaak uit die boonste rakke vir oud en jonk. Kaartjies is by Webtickets beskikbaar, loer gerus hier.
Kontak die Bloem Klown Troop per e-pos: sjakaseptembir1@gmail.com

