On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Arts

Wees deel van NWU Konservatorium se 2024-konsertreeks

───   09:00 Tue, 05 Sep 2023

Wees deel van NWU Konservatorium se 2024-konsertreeks | News Article
Die NWU Konservatorium en Skool vir Musiek nooi musikante van Noordwes om deel te wees van hul 2024-konsertreeks.

Die bekende NWU Skool vir Musiek se konsertreeks is 'n jaarlikse hoogtepunt op die musiekkalender in Potchefstroom en die Konservatorium nooi musikante om deel te wees van hul 2024-program.

Direkteur van die NWU Skool vir Musiek, Yvonne-Marié Brand, sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te verduidelik wie almal deel kan wees van hierdie konsertreeks en waarna hulle op soek is.




Die NWU Konservatorium en Skool vir Musiek wag tans aansoeke in van musikante van oor Noordwes heen om hul kreatiewe werke in te stuur vir oorweging vir hul 2024-konsertreeks wat tussen Maart en Mei, sowel as in Julie tot Oktober 2024, in Potchefstroom aangebied gaan word. Meer besonderhede is op die NWU Skool vir Musiek se Facebookblad beskikbaar. Volg gerus ook die skakel vir aansoeke. 


Skakel 018-299-4430 vir navrae. 

Aansoeke sluit 29 September 2023. 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.