Arts
Besoek ‘n nuwe museumteater hierdie Erfenismaand─── 09:00 Tue, 26 Sep 2023
‘n Opwindende nuwe museumteater het onlangs by die Voortrekkermonument in Gauteng hul deure geopen. Museumteater aktrise, Karla Hoogendoorn sluit by Mid-Morning Magic se Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om meer te deel.
Hierdie museumteater vertel die verhaal van die Afrikanervrou se opstaan van 1902 tot moderne tyd. Die toeskouer word van vertrek na vertrek geneem waar die geskiedenis op ’n interaktiewe en teatrale wyse vertolk word. Die Afrikanervrou is 'n aktrise uit die Vrystaat, Bloemfontein!
Dr. Danie Langner, besturende direkteur van die Voortrekkermonument, sê hierdie ambisieuse projek is nie net ’n eerste vir Afrika nie, maar ook vir die Kultuurtuiste en hy hoop dat hierdie teater die weg sal baan vir erfenisbewaring en die behoud en uitbou van ons kulturele erfenis.
Besoekers aan die teater gaan saam met die karakters op reis deur die verlede, sonder vervelige oorvertellings, sonder dat dit voel soos ’n les en sonder ’n lang lys name en datums. In elke vertrek speel ’n volwaardige toneelstuk af.

Karla Hoogendoorn vertolk die rol van verskeie sterk vroue uit wie se perspektief dié verhaal vertel word en Eduan Naudé speel die rol van JP (Jacobus Philip), ’n jong Afrikanerman wat met foto’s van sy ouma hierdie verhale voor hom sien afspeel.
Kaartjies hier beskikbaar: https://www.q2b.co.za/OnlineActivities/Index/1552?singleActivity=24393

