Arts
Victor Geduldt se kuns bring werkskepping en hoop na Brandfort─── 09:00 Tue, 12 Dec 2023
Victor Geduldt van Bloemfontein het besluit dat positiewe boodskappe in sy kuns geverf op geboue in Brandfort, 'n verskil kan maak in die gemeenskap, al is dit net vir een persoon.
Victor Geduldt is in Bloemfontein gebore en homself bemagtig deur kuns. Hy het homself geleer hoe om te verf en te teken. Vandag help hy organisasies sonder winsbejag in Brandfort om deur kuns hul dorp te verfraai. Dit bied ook die geleentheid vir werklose mense om 'n positiewe bydrae in die gemeenskap te lewer deur te verf en die projek se groentetonnels te bewerk.


Ondersteuning en bydraes van die gemeenskap sal help om die inisiatief te laat groei. Bel Victor by 079 290 8704.

