Arts
Oudisies gehou vir Vrystaatse Simfonieorkes se Jubileum-konserte─── 09:00 Thu, 08 Feb 2024

Luzanne Eigelaar en Sharon de Kock van die FSSO sluit by Yolanda Maartens aan om oor die orkes se toekomsplanne te praat.
Die Vrystaatse Simfonieorkes (FSSO) vier sy 50ste bestaansjaar met ’n musikale reis. Luzanne Eigelaar en Sharon de Kock van die FSSO sluit by Yolanda Maartens aan om oor die visie en missie van die orkes te praat, asook hul planne vir die groot mylpaal.
Die Vrystaatse Simfonieorkes is vanjaar 50 jaar oud. Foto verskaf
Oudisies vir alle instrumente is vir ad-hoc-spelers wat in Bloemfontein gesetel is. Dit vind op 5 Maart by die Odeion plaas.
Voltooi die vorm om jou oudisie te bespreek: https://forms.gle/wGDKFT3YiKrcrzcz9
Vir enige navrae stuur ’n e-pos na fsso@ufs.ac.za