On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Arts

"Music For All" begin die FSSO se 50ste bestaansjaar

───   09:11 Thu, 22 Feb 2024

"Music For All" begin die FSSO se 50ste bestaansjaar    | News Article

Seisoenkaartjies is beskikbaar vir die eerste drie konserte by die FSSO se kantoor.

Die 50ste bestaansjaar van die Vrystaat Simfonieorkes (FSSO) word in 2024 herdenk met 'n verskeidenheid van uitvoerings en konserte.

Prof. Anmari van der Westhuizen van die FSSO sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om te praat oor die FSSO se eerste uitvoering vir 2024 by die Odeion in Bloemfontein. 

"Music for All" is die eerste konsert van die Jubileum van die FSSO wat in 1974 gestig is. Van der Westhuizen sal die solis wees en haar vernuf met die tjello toon te stel.

Die konsert word op 9 Maart gehou en kaartjies kos R150 vir volwassenes, R100 vir studente en R50 vir kinders jonger as 18 jaar. 

Seisoenkaartjies is beskikbaar vir die eerste drie konserte by die FSSO se kantoor. Vir meer besonderhede stuur ’n e-pos na fsso@ufs.ac.za of bel 051 401 2342. Die konsert begin om 19:30 en kaartjies is ook beskikbaar op Quicket.

Program:
 Ichmouratov: Youth Overture, Op. 50
 Dvorák: Cello Concerto in B minor, Op. 104, B. 191
 Sibelius: Symphony No. 2 in D major, Op. 43

OFM Nuus dg

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.