Arts
Vrystaat Kunstefees vier groot sukses met ongelooflike talent en wenners─── HEIDRÈ MALGAS 06:00 Tue, 09 Jul 2024
“Die kunsfees het weereens baie talent ontvang, en hierdie jaar se wenners is niks minder as ongelooflik nie.”
Die Vrystaat Kunstefees het met groot sukses geëindig, waar elke kunstenaar uitstaller en feesganger in die sukses gedeel het.
“Almal kruip diep in ons harte in – van die kunstenaars, teatermakers, mense op die verhoog, stalletjie-eienaars en dié wat die fees ondersteun. Sonder julle is daar nie ’n vryfees nie,” sê Michael Garbett, direkteur van die kunstefees.
Die kunstefees het weereens baie talent ontvang, en hierdie jaar se wenners is niks minder as ongelooflik nie:

Beste tegnikus: Nathan Janse van Rensburg

Beste literêre feesverkoper: Ons wag vir Godot

Beste bemarking: Khanya and her golden dream

Beste gemeenskapsbetrokkenheid: Khanya and her golden dream

Beste ensemble: Ons wag vir Godot

Beste opkomende kunstenaar: Angelique Filter

Beste musikale komposisie: Die waarheid oor duiwe

Beste visuele kunsuitstalling: re/connect/ing

Beste artistieke ontwerp: With-out limits

Beste ondersteunende vertolker: Pieter Taljaard

Beste hoofrolvertolker: Kaz Mc Fadden

Beste regisseur: Dion van Niekerk

Beste produksie: Ons wag vir Godot
’n Spesiale produksie, Die waarheid oor duiwe, al die pad van Australië, is ’n intieme musiekproduksie vir een vrouestem, ondersteun deur ’n klavier en ’n dwarsfluit. Die poësie van die bekroonde digter Gisela Ullyatt kry vlerke deur swewende melodieë, nostalgiese, gesproke teks en treffende visuele komponente. Iewers tussen klassieke en kontemporêre musiek vind elke gehoorlid ’n raakpunt tydens dié aangrypende, eiesoortige Suid-Afrikaanse vertoning.
Oud-Bloemfonteiners Karien Jordaan en Marli van der Bijl het nostalgies geraak in hul debuutproduksie op vanjaar se Vrystaat Kunstefees. Hulle het hulde gebring aan die digter wyle Gisela Ullyatt, ook ’n oud-Bloemfonteiner
Die fees het teater-, dans- en musiekproduksies in Afrikaans, Engels en Sesotho aangebied, sowel as literatuur, klankkuns, visuele en eksperimentele kuns. Daar was ook prettige vertonings vir die kinders!
Een fees, baie stories!
OFM Nuus/Heidrè Malgas mvh/cg
