On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

Karoohuis Teater nooi jou na ‘Wat die hart van vol is’

───   09:00 Thu, 05 Jun 2025

Karoohuis Teater nooi jou na ‘Wat die hart van vol is’ | News Article

In ‘n wêreld waar mense sukkel om sin te vind uit alles wat met hulle gebeur, bly musiek die antwoord op vele vrae. Kunstenaars Jannie Moolman, Petronel Baard en Franco Engelbrecht deel hul eie lewensreise en nooi jou na ’n inspirerende vertoning.

Petronel Baard sluit by Yolanda Maartens aan om te vertel oor Wat die hart van vol is, wat op 21 Junie in die Karoohuis Teater op Fauresmith aangebied word. Die produksie beloof tydlose nostalgie. 

Ná die eerste keer wat hulle saam opgetree het oor Desember 2024, het Jannie Moolman en Petronel Baard besluit om voort te gaan met hul sonderlinge kombinasie in ’n nuwe produksie, vol hartsmusiek.

Franco Engelbrecht, die talentvolle Suidwes-Kaapse pianis, sluit ook by hulle aan vir ’n vermaaklike, inspirerende en ontspannende vertoning – Wat die hart van vol is.

Hierdie is professionele, ervare kunstenaars met pragtige, opgeleide sangstemme wat in klank saam baie, baie besonders, vars én uniek is. Gekombineerd met hul talentvolle begeleier, skep hulle pragtige musiekkuns. 

Jannie en Petronel het gesamentlik meer as 40 jaar se teater-ervaring. Franco het al saam met beide by die KKNK en by die Woordfees saam met Petronel opgetree. Hy het ook verskeie ander toere en optredes agter die rug en is ’n briljante musikant.

“Die lewe louter ons almal. Dit vorm, maak en brei ons en los ons net oor met wat die hart van vol is, dit met ons álmal, elke een … Gelouter, soos die skrywer sê, ten spyte van, ter wile van, as gevolg van,” se Petronel Baard, en dus is die produksie verder belangrike musiekterapie met vernuftige aanbieders in ’n voortspuwende, woedende wêreld waar mense soms sukkel om sin te vind uit alles wat met hulle gebeur.

Hulle bring ’n vars vertoning gevul met liefde en alles mooi uit ’n hart wat vol is, na gehore in 2025.

Produksies kan op die volgende datums en plekke gesien word:

  • Woensdag 18/6 in Willowmore by die NG Kerk
  • Donderdag 19/6 op Graaff-Reinet 
  • Vrydag 20/6 by Kreatief op Burgersdorp 
  • Saterdag 21/6 by Lizzy en Jacobus
  • Sondag 22/6 in Bloemfontein oor middagete by die Aasvoël Klub

Kaartjies kos R180 p.p. en kan bespreek word by 071 603 7258.

OFM cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.