On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Arts

Kersfees in Julie met die Secret Artists’ Club in Bloemfontein

───   09:00 Thu, 03 Jul 2025

Kersfees in Julie met die Secret Artists’ Club in Bloemfontein | News Article

Kersliedere, koue, knetterende vure, heerlike kos en samesyn. Brandkop Estate is gasheer vir Kersfees in Julie met ’n groep musikante wat jou met jazzmusiek gaan vermaak.

Diandra Steenekamp sluit by Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop aan om te vertel van die program op 26 Julie.

 

Kersfees is ’n absolute wonderlike en spesiale tyd, en soos baie ander sulke besonderse geleenthede sê Diandra Steenekamp en die "Secret Artists Club" dat ons dit mos nie tot een dag moet beperk nie. 

In Suid-Afrika moet ons jaarliks ons Kersfees in dikwelse bloedige hitte spandeer. 'Christmas in July' het in lande van die Suidelike Halfrond soos Australië en Nieu Zeeland ’n manier geword om ’n betowerende en feestelike atmosfeer van ’n Winterkersfees gedurende die middel van die jaar vas te vang en nou bring die “Secret Artists Club” dit Bloem toe.

Op 26 Julie nooi ons jou uit na so ’n besonderse gesellige viering met familie, vriende, en dankbaarheid vir alles wat God sover die jaar voorsien het. Saam kan ons bietjie asem haal voor die res van die jaar aangepak word.

Stel jou dan voor by Brandkop Estate in ’n dik jas met ’n skemerkelkie in die hand, jou asem wasem op met die byt in die lug. Binne is daar ’n kaggelvuur aan die gang, die reuk van kookkos, en dalk so bietjie kersklokkies in die agtergrond gemeng met bekende jazz classics.

In die band is Claire Röntsch op saxofoon en klarinet, Esther van der Merwe klavier, Linda Mngoma op kontrabas en Angelo Mockie Rhythm. 

So trek jou mooiste aan – formeel – en dié wat so bietjie met die gees meegevoer word, kan hul outfit opjazz met ietsie Gatsbyrig uit die Roaring 20s.

  • Kersfees in Julie
  • Saterdag, 26 Julie 2025 | 17:30 vir 18:00
  • Brandkop Landgoed, Bloemfontein
  • Kaartjies: R400 pp
  • Besprekings by Brandkop self 076 679 8076

OFM cg

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.