Arts
Tydlose meesterstuk kry nuwe verwerking met Anna-Mart van der Merwe tydens Vrystaat Kunstefees─── 09:00 Tue, 15 Jul 2025

Uit die pen van Tennessee Williams is die welbekende "The Glass Menagerie" sorgvuldig verwerk deur Nico Scheepers wat ook ‘n Suidafrikaanse aanslag tot die verhaal gee.
Anna-Mart van der Merwe sluit by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop en praat net met lof van haar mede spelers sowel as Nico Scheepers se kreatiwiteit en hartroerende verwerking.
’n Nuwe vertaling en verwerking van ’n tydlose meesterstuk. Die ontknoping van ’n fyn web van liefde en verlies, gespin deur ’n matriarg om haar gesin tot elke prys bymekaar te hou – en hoe graag elkeen van hulle wil ontsnap. Speelgoed van glas is ’n boeiende, hartroerende uitmekaarskeur-verhaal, ’n meesleurende verkenning van broosheid, verlange en die feilbaarheid van familie.
14, 15, 16 en 17 Julie ATKV Wynand Mouton Teater
Genre: Drama
Rolverdeling: Anna-Mart van der Merwe, Carla Smith, Ben Albertyn, Mark Elderkin
Regisseur: Nico Scheepers
Toneelstuk geskryf deur: Tennessee Williams
Vervaardiger: Toyota Stellenbosch Woordfees
’n Toyota Stellenbosch Woordfees-produksie, ondersteun deur NATi en die Baxter-teater. Speelvak ondersteun deur die Vrystaat Kunstefees.
Tydsduur: 110 min
Aanbevole ouderdom: 13+
Taal: Afrikaans
OFM is trotse mediavennoot van vanjaar se Vrystaat Kunstefees en kaartjies is by Webtickets beskikbaar.