Arts
‘Onthou my asseblief’: ‘n Liefdeskonsert uit Heidedal met Caroline Grace─── 09:00 Tue, 26 Aug 2025

Die uiters talentvolle Caroline Grace deel die verhoog met plaaslike kunstenaars om Afrikaans in Heidedal op September op ’n aand van nostalgie en liefde in die Musicon in Bloemfontein te vier.
AngeDomariah Stilo, Lenthea Jantjies, Allonechia Steyn en Jaques May-Knight is die plaaslike kunstenaar wat die verhoog tydens die produksie “Onthou my asseblief” met Caroline Grace gaan deel.
Die musikant, liedjieskrywer en vervaardiger Angelo Mockie se droom is dat dié produksie 'n jaarlikse instelling sal word. Angelo sluit hom by Yolanda Maartens aan in die OFM Kunsteklop om meer te vertel van dié besonderse geleentheid.
Angelo is uiters talentvol as musikant en vervaardiger, maar sy voete bly gewortel in Bloemfontein. Hy gesels oor sy liefde vir Afrikaans en die nostalgie wat deel is van die produksie.
Hy vertel ook van ’n liedjie wat hy self geskryf het, en sê dit was ‘n voorreg om die ongelooflike stem van Caroline Grace dit te hoor sing.
Angelo nooi almal in Bloemfontein om die aand te kom ondersteun. Die geleentheid kan slegs ‘n jaarlikse instelling word as die publiek wat hul liefde vir musiek in Afrikaans deel, dit bywoon.
“Onthou my asseblief” word 20 September in die Musicon in Bloemfontein aangebied. Die produksie begin om 19:00. Die kaartjies is beskikbaar by Webtickets.
OFM cvs