On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
Show Background
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Ashmund
Listen Live Streams

Arts

‘Sister Act’ op 10 September in Odeion ’n viering van musikale samesyn

───   08:00 Thu, 27 Aug 2026

 ‘Sister Act’ op 10 September in Odeion ’n viering van musikale samesyn  | News Article
Drie vooraanstaande kunstenaars bring op 10 September hul liefde vir musiek, hul vriendskap en samesyn na die Odeion in Bloemfontein met Sister Act, ’n unieke kamermusiekkonsert wat die vreugde daarvan vier om saam musiek te maak.

“Sister Act” bring drie uitmuntende Suid-Afrikaanse musikante byeen – die fluitspeler Malané Hofmeyr-Burger, violis Zanta Hofmeyr en altviolis Jeanne-Louise Moolman.

Dié vooraanstaande kunstenaars bring op 10 September hul liefde vir musiek, hul vriendskap en samesyn na die Odeion in Bloemfontein met Sister Act, ’n unieke kamermusiekkonsert wat die vreugde daarvan vier om saam musiek te maak.

Die ensemble bied saam ’n gevarieerde program aan wat luisteraars deur verskillende musikale style en klankkleure neem.

Die program sluit Beethoven se Serenade, Op. 25, en Max Reger se Serenade, Op. 141a, asook werke van Jan van Gilse en Franz Christoph Neubauer in. Van Beethoven se warmte en elegansie tot Reger se ryk teksture en die speelse Nederlandse karakter van Van Gilse se Trio, beloof die program ’n besondere musikale ervaring.

Die drie bring indrukwekkende ervaring na die verhoog. Hofmeyr-Burger het as solis saam met Suid-Afrika se groot orkes opgetree en is ’n aktiewe kamermusikant en lid van die Johannesburgse Filharmoniese Orkes. 

Hofmeyr is ’n Juilliard-gegradueerde met ’n uitgebreide loopbaan as solis, opvoeder en violis, terwyl Moolman, ’n voormalige lid van die Odeion-strykkwartet, ’n gevestigde altviolis, kamermusikant en dosent is.

Sister Act is meer as net ’n konsert – dit is ’n viering van musikale samesyn en die krag van vriendskap. Hofmeyr-Burger gesels met Yolanda Maartens in die OFM Kunsteklop oor hierdie besondere uitvoering.

Kaartjies is beskikbaar by Quicket. cvs

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.