Babbelgum vir die Siel
Sjokoladekoek met sous─── 12:14 Fri, 10 Sep 2010

Sjokoladekoek met sous
Meng ‘n halwe koppie kakao, 1 koppie kookwater, 1 teelepel vanilla geursel en ‘n halfwe koppie kookolie. Laat dit afkoel. Klits 3 eiers en 1 ½ koppie suiker baie goed. Voeg kakaomengsel by. Sif 2 koppies meel, 3 teelepels bakpoeier en ‘n knippie sout saam en voeg by die kakaomengsel en meng deeglik. Gooi in ‘n groot gesmeerde bak. Bak 30 minute by 180 ºC.
Prik koek sodra dit uit die oond kom en gooi sous oor.
Sous:
1 ½ koppie suiker
1 teelepel vanilla geursel
3 teelepels poeierkoffie
1 ½ koppie water
Kook sous saam vir 5 minute.
Smeer karameltreat oor sodra die koek afgekoel het. Versier met geklopte room en krummel flake bo-oor.