On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Gerben
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Babbelgum vir die Siel

Heerlike Hoender Tetrazzini resep

───   22:05 Thu, 30 Sep 2010

Heerlike Hoender Tetrazzini resep | News Article

500 g skulpnoedels
2 uie, fyn gekap
250 g knopiesampioene, gesnipper
65 g ontbytspek, gesnipper
30 ml kookolie
1 pakkie sampioenroomsoppoeier
1 blik (410g) ingedampte melk
375 ml melk
1 gaar hoender, ontbeen en fyn gesny
375 ml gerasperde cheddarkaas

Kook die noedels in soutwater tot sag en dreineer. Voorverhit die oond tot 180 ºC. Braai intussen die uie, sampioene en spek liggies in die olie tot gaar. Meng die soppoeier, ingedampte melk en vars melk en voeg by die uiemengsel. Roer aanhoudend oor lae hitte totdat die mengsel verdik. Voeg die hoender by en roer goed deur. Smeer twee oondskottels. Verdeel die mengsel in twee en skep in die skottels. Strooi die kaas bo-oor en bak 15-20 minute totdat die kaas verbruin. Vries die een skottel vir latere gebruik.
 

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.