On Now
Weekends 16:00 - 19:00
All Request Sunday Nikki
NEXT: 19:00 - 20:00 Nuut in Afrikaans with Nadine
Listen Live Streams

Bloemfontein Water Crisis

Watertoevoer na dele van Bloemfontein afgesny

───   JOSCA HUMAN 13:08 Fri, 17 Nov 2017

Watertoevoer na dele van Bloemfontein afgesny  | News Article

Die DA in Bloemfontein, in samewerking met Bloemwater, verskaf nou water aan inwoners, ‘n hospitaal, verskeie skole en ander openbare plekke.


Dit kom nadat watertoevoer vir meer as drie dae na die suidelike deel van dié stad afgesny is. ‘n DA-raadslid en ‘n waterkenner, Rossouw Botes, sê krane is leeg sedert Dinsdag nadat Bloemwater beplande herstelwerk aan ‘n pyplyn gedoen het. Dié waterverskaffer het onderhoudwerk aan ‘n pyplyn gedoen. Dit sou 24 uur geduur het, maar in die proses was daar ‘n lekkasie by die De Hoek-pompstasie waarna ‘n deel van die pyplyn in dié gebied ook gebars het. Volgens Botes werk Bloemwater onverpoos om watertoevoer so spoedig moontlik te herstel.

Hy sê hopelik is die herstelwerk teen vanaand voltooi dat die laaste gedeeltes van die pyplyn met water gevul kan word, waarna die Brandkop-reservoir deur die nag met water gevul kan word. Inwoners kan moontlik eers teen môreoggend water uit hul krane kry.

Botes sê watertenks is beskikbaar op sekere plekke in woonbuurte.

Water is ook by die Life Rosepark-hospitaal in watertenks afgelewer. Volgens hom help die metro nie om watertenks aan inwoners te verskaf nie.

Die gebiede waar watertenks beskikbaar is, kan op OFM-nuus se webwerf gesien word.

Die woonbuurte wat geraak word, is Fichardtpark, Fauna, Uitsig, Pellissier, Lourierpark, Bloemdal, Ferreira, Kwaggafontein, en ander suidelike dele van die stad. Botes sê watertenks is by Checkers Hyper se parkeerarea, die biblioteek by Fichardtpark, by President Brand Primêre Skool in Pellissier, asook oorkant die Engen in Pellissier. Hulle wag nog vir watertenks wat by die NG Kerk in Universitas geplaas sal word.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.