On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Bloemfontein Water Crisis

Mangaung-metro beloof verligting in #BloemWaterCrisis

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:21 Wed, 22 Nov 2017

Mangaung-metro beloof verligting in #BloemWaterCrisis | News Article

Die Mangaung-metro sê watertoevoer na die suide van Bloemfontein, wat sonder water was weens 'n gebarste pyp, sal vandag na normaal terugkeer.


Die metro is bewus van woongebiede wat nog met watertoevoer sukkel. Dit sluit in Namibia, Bloemside, Freedom Square, Grassland, Ipopeng, Fase 6 en 10 en Phola Park. Die Metro verseker inwoners dat JoJo's en watertenks in die gebiede versprei sal word terwyl die reservoirs volloop. 

Die Metro se woordvoerder, Qondile Khedama, sê die Maselspoort-reservoir, wat die noorde van die stad voorsien asook Batho, Bochabela, Phahameng en 'n deel van Heidedal van water voorsien, is 100% vol. Volgens hom kry inwoners hier reeds water. 

Dit kom nadat talle inwoners in die suidelike deel van die stad se krane al verlede Dinsdag opgedroog het nadat Bloemwater, die metro se waterverskaffer, beplande onderhoudswerk aan dié Welbedacht-pyplyn gedoen het. 

Daarna is 'n lekkasie in 'n deel van dié pyp gekry, waarna 'n ander deel van die pyp Saterdag buite Bloemfontein gebars het. Dit is herstel en water is Maandag na die Brandkop-reservoir gepomp toe 'n ander deel van die pyp, ook buite die stad, gebars het. Watertoevoer na woonbuurte in die noorde van Bloemfontein is Maandag ook onderbreek.


Kliek hier vir meer OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.