On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Classic Sundays Christie
NEXT: 16:00 - 19:00 All Request Sunday with Nikki
Listen Live Streams

Bloemfontein Water Crisis

Betrokkenes vergader oor #BloemWaterCrisis

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 09:46 Tue, 21 Nov 2017

Betrokkenes vergader oor #BloemWaterCrisis | News Article

Belanghebbendes op 'n hoë vlak vergader volgens inligting in hierdie stadium om die waterkrisis in Bloemfontein te bespreek.


Dit kom nadat die Welbedacht-hoofwaterpyplyn meer as 100km van die Brandkop-reservoir in die stad gister gebars het. Sommige inwoners in die suidelike deel van Bloemfontein het gister vir 'n kort rukkie water gehad nadat 'n deel van dié pyplyn Saterdag gebars het. 'n DA-raadslid en kenner, Rossouw Botes, sê kort nadat water gister in die Brandkop-reservoir gepomp is, het 'n deel van dié pyplyn weer gebars. Sommige woonbuurte in die noordelike deel van die stad se krane het sedert gister ook opgedroog.

Botes meen die waterkrisis raak ook nou die noordelike deel van die stad, omdat die meeste mannekrag nou fokus op oplossings vir die suide. Botes sê daar is dele in die noorde wat water het, maar watertoevoer kan egter vir 'n bepaalde tyd ontkoppel word om twee reservoirs in die gebied te laat volloop.

Botes sê alle betrokkenes gaan op dié noodvergadering vanoggend ook bespreek waar watertenks in die noorde geplaas moet word. Hou OFM-nuus se webwerf dop om te sien waar dié waterpunte gaan wees.

Besighede en inwoners met boorgate, wat water aan Bloemfonteinse inwoners kan verskaf, word gevra om hul besonderhede op OFM, The Sound of Your Life, se Facebook Fan Page onder die inskrywing ATTENTION! te laai.


Lees ander OFM-nuus hier


@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.