On Now
Weekends 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 Opstaan with Anny
Listen Live Streams

Bloemfontein Water Crisis

#BloemWaterCrisis - herstelwerk aan gebarste pyp reeds begin

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 10:03 Tue, 21 Nov 2017

#BloemWaterCrisis - herstelwerk aan gebarste pyp reeds begin | News Article
Photo: Moeketsi Mogotsi

Die Mangaung-metro is in die proses om 'n deel van die Welbedacht-waterpyplyn wat gister buite die stad gebars het te vervang.


Woordvoerder van die metro, Qondile Khedama, sê tegniese spanne het deur die nag gewerk en die betondeel van die pyp wat gebars het, word nou met 'n staalpyp vervang. Khedama sê watertenks sal in die noordelike woonbuurte, wat ook nou geraak word en sonder water is, versprei word. Volgens hom kan mense die metro se inbelsentrum gebruik om aan te dui waar watertenks versprei moet word. Inwoners sal voortdurend op die hoogte van sake gehou word. Die inbelsentrum se nommer is 0800-111-3000.

Intussen berig Mark Steenbok die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het hul kommer uitgespreek oor hoe dié waterkrisis diere in die stad en in omliggende dele raak. ‘n Senior inspekteur van die DBV, Reinet Meyer, sê diere kan nog sonder kos, maar nie sonder water nie daarom kan mense gratis water vir hulle diere by die DBV se Bloemfonteinse kantoor kom afhaal.

“Die publiek is meer as welkom om na ons toe te kom om water te kom haal, ons het ‘n boorgat.”

Sy vra dat mense hul eie waterhouers saamneem wanneer hulle water by die DBV-kantoor in 25 McGregorstraat in Ooseinde gaan haal.

Mense wat water aan Bloemfonteinse inwoners kan verskaf, word gevra om hul besonderhede op OFM, The Sound of Your Life, se Facebook Fan Page onder die inskrywing ATTENTION! te laai.


Christal-Lize Muller en Mark Steenbok


Lees ander OFM-nuus hier

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.