On Now
Weekends 22:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: 00:00 - 05:00 Early Mornings with Oscar
Listen Live Streams

Bloemfontein Water Crisis

#BloemWaterCrisis: DBV kan inwoners help met water vir diere

───   MARK STEENBOK 10:00 Tue, 21 Nov 2017

#BloemWaterCrisis: DBV kan inwoners help met water vir diere | News Article

Die Dierebeskermingsvereniging (DBV) in Bloemfontein het hulle kommer uitgespreek oor hoe die waterkrisis diere raak - in Bloemfontein en veral dié op plase.


‘n Senior inspekteur van die DBV, Reinet Meyer, sê diere kan nog sonder kos, maar nie sonder water oor die weg kom nie. ‘n DA-raadslid en kenner, Rossouw Botes, sê kort nadat water gister in die Brandkop-reservoir gepomp is, het 'n deel van dié pyplyn weer gebars. Sommige woonbuurte in die stad is reeds ‘n week sonder water, terwyl ander se krane sedert gister opgedroog het. Meyer sê lede van die gemeenskap kan water vir hulle diere by die DBV kom afhaal.

“Die publiek is meer as welkom om na ons toe te kom om water te kom haal. Ons het ‘n boorgat. Ons sal met liefde vir hulle water gee vir hulle diere. Hulle moet net hulle eie waterhouers saambring. Ons is in 25 McGregor Street in die ou Ooseinde geleë. Jy kan ook na ons Facebook-blad gaan, en op die maps skakel druk, dan sal jou foon ook jou hier na ons bring,” sê Meyer.


Lees ander OFM-nuus hier

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.