On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Bloemfontein Water Crisis

#BloemWaterCrisis – onduidelik wanneer inwoners water gaan hê

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:21 Tue, 21 Nov 2017

#BloemWaterCrisis – onduidelik wanneer inwoners water gaan hê | News Article
Photo: Josca Human

Die Mangaung-metro is in die proses om 'n deel van die Welbedacht-waterpyplyn wat gister buite die stad gebars het te vervang.


Woordvoerder van die metro, Qondile Khedama, sê tegniese spanne het deur die nag gewerk en dié betondeel van die pyplyn wat gebars het, word nou met 'n staalpyp vervang. Khedama sê watertenks sal in die noordelike woonbuurte wat ook nou geraak word, versprei word. Volgens hom kan mense die metro se inbelsentrum gebruik om aan te dui waar watertenks versprei moet word.

Intussen is 'n DA-raadslid en waterkenner van Bloemfontein, Rossouw Botes, versigtig om hom uit te laat oor wanneer inwoners van die stad weer water gaan hê. Botes sê dit hang alles af van hoe lank dit neem om die gebarste deel van die Welbedacht-waterpyplyn te vervang. Hy sê veronderstel die deel van die pypleiding word vannag of môreoggend herstel, gaan water uit die Brandkop-reservoir steeds nie onmiddellik beskikbaar wees nie. Die pyplyn moet eers met water gevul word.

Rossouw sê inwoners moet slim te werk gaan en elke druppel gryswater spaarsamig gebruik.

Hy vra inwoners om hul geisers as voorsorgmaatreël af te skakel totdat daar weer water is.

Khedama het vroeër aan OFM-nuus gesê dit is moeilik om presies te sê hoe lank herstelwerk aan die pypleiding gaan neem, maar tegniese spanne werk onverpoos om die deel van die pypleiding te vervang.

Inwoners sal voortdurend op die hoogte van sake gehou word. Die metro se inbelsentrum se nommer is 0800-111- 3000.

Besoek die ATTENTION-inskrywing op die Facebook-blad van OFM, Sound of your Life, om te sien waar weldoeners water gratis aan ander inwoners bied.


Lees nog OFM-nuus hier

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.