On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Business

#SakeUur: Pasop – ‘droommotor’ straks nagmerrie

───   20:39 Thu, 13 May 2021

#SakeUur: Pasop – ‘droommotor’ straks nagmerrie | News Article

Kenners maan tans verbruikers om mooi te besin oor of hulle werklik daardie sogenaamde droommotor kan bekostig of moet nastreef in ’n tyd van ekonomiese onstuimigheid.

’n Onlangse peiling deur Debt Rescue het getoon dat verbruikers tans werklik noustrop trek. Tot soveel as 34% van respondente het aangedui dat hulle oor die laaste 12 maande hul werk verloor het, terwyl 22% afgelê is.

Die meeste groot banke het ook aangedui dat kliënte sedertdien die inperking nie hul voertuigpaaiemente kan bybring nie en dat terugnemings styg.

Neil Roets, die hoof-uitvoerende beampte van Debt Rescue, gee raad oor hoe om van die indirekte en onvoorsiene uitgawes van ’n voertuig te hanteer.

OFM-inhoudsbestuurder, Elzette Boucher-Krüger, het die onderhoud gevoer.


Podcasts

#SakeUur: Pasop – ‘droom motor’ straks nagmerrie:

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.