On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Business

OFM-handelsnaam ontwikkel, moderniseer saam met sy gehoor

───   15:54 Fri, 09 Jun 2023

OFM-handelsnaam ontwikkel, moderniseer saam met sy gehoor   | News Article
Photo: Anchen Lintvelt (OFM)

Die OFM-handelsnaam het deur die jare saam met dié stasie se gehoor ontwikkel en gemoderniseer.

OFM se bemarkings- en verkoopsbestuurder, Anchen Lintvelt, deel in haar onderhoud op die OFM Sakeuur wenke oor hoe dié kommersiële radiostasie ’n betroubare en gerespekteerde handelsnaam bly. 

Lintvelt sê OFM is ’n geliefde handelsnaam met sy wortels stewig gevestig in die Sentraal-Suid-Afrikaanse gemeenskap wat die Vrystaat, Noordwes, Noord-Kaap en Suid-Gauteng insluit.

LEES OOK: #OFMBakkieArm veldtog omarm landelike veiligheid

Passievol oor innovasie

Innovasie is die kern van haar werk en dit word bewys in die projekte waaraan sy en haar span werk. Dit sluit in: The Real Good Recipe Book (2020); Die Real Good Travel Book (2021) en die Bakkie Arm-inisiatief (2022). Laasgenoemde projek het tot R100 000 se skenkings gelei. Die geld is op Graan SA se Nampo-Oesdag in Mei aan Agri Securitas geskenk.

LEES OOK: OFM stel eksklusiewe handelsware bekend

OFM CLOSET sit die gees van innovasie voort

CLOSET is die nuutste innoverende idee van die OFM-span. Die verkoopplatform bied ’n wye reeks T-hemde met unieke gesegdes - iets vir elke smaak. 

Daar is ook spesiaal ontwerpte Versus-sokkies – beslis enig in sy soort! Die immergewilde en bekende #OFMBakkieArm is ook daar te koop. Besoek ofmcloset.co.za vir meer inligting.


OFM Sake-Uur

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.