On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Business

Orania se klein bevolking - 'n ekonomiese tweesnydende swaard

───   OLEBOGENG MOTSE 19:34 Thu, 22 Jun 2023

Orania se klein bevolking - 'n ekonomiese tweesnydende swaard | News Article
Foto: Tony Correira

Orania se klein en hegte bevolking is 'n tweesnydende swaard vanuit 'n ekonomiese perspektief.

Die voorsitter van die Orania Sakekamer, Tony Correira, sê aan OFM Sakeuur dat hoewel die gemeenskap in staat is om onafhanklik baie ekonomies te bereik, hul klein bevolking dit moeilik maak om ander sakegeleenthede te benut. 

Correira sê een van die florerende bedrywe in Orania is die konstruksiebedryf en hy glo as die dorp meer inwoners gehad het, sou dit lei tot die uitbreiding van ander bedrywe in dié Noord-Kaapse dorp.

Hy het ook gepraat oor die H-reeks ORA-geldeenheid wat in Orania gebruik word. Die nuwe ORA is in April uitgereik. Correira sê hierdie ruilmiddel verseker dat ondernemings in Orania veilig sake kan doen, want die ORA kan nie buite die Noord-Kaap gebruik word nie.

LEES OOK: Orania reik ’n nuwe ora-reeks uit

Die ORA, Orania se eie ruilhandelmiddel, is nie ’n geldeenheid nie, maar ’n koeponstelsel. Dit word gerugsteun deur rande in die bank en die verhouding is 1:1.

Die idee vir ’n geldstelsel eksklusief aan Orania is geopper deur prof. Johan van Zyl. Hy het dit beskou as ’n instrument vir selfbemagtiging. Die idee is versterk deur advies van die omgewingskundige dr. Colin Hudson van Barbados en ekonoom dr. Norman Reynolds op besoeke aan Orania. 


Ná deeglike ondersoek deur ’n komitee van die Orania Ontwikkelingsforum is die eerste ora-reeks op 29 April 2004 van stapel gestuur.

LEES OOK: Nuwe lied klink op in Orania

Die ontwerp van die H-reeks put inspirasie uit inheemse bome en bokke in die omgewing van die nedersetting. Petra Langner was as kunstenaar en Annamarie van der Merwe as grafiese ontwerper hierby betrokke.

OFM Sakeuur

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.