Business
Lees van die Week: Word Ryk, Bly Ryk─── 19:33 Thu, 27 Jul 2023

Die boek van die week is Word Ryk, Bly Ryk. Die finansiële kenners PJ en Geo Botha wil Suid-Afrikaners help om beheer oor hul geldsake te kry.
PJ en Geo is goed vertroud met die onderwerp as direkteure by Bovest Wealth Management en mede-aanbieders van die kykNET-reeks, Welvaartskeppers. PJ sê aan Kayla Barker van die OFM Sakeuur die doel van die boek is om gewone Suid-Afrikaners te leer hoe om geld in ’n uitdagende omgewing te maak en dit te laat groei.
Entrepreneurskap is nie die enigste manier om rykdom te genereer nie.
PJ beklemtoon dat jy nie noodwendig jou eie onderneming hoef te begin om welvaart te skep nie. Dit is hoe jy oor jou geldsake dink wat belangrik is en jy sal agterkom dat rykdom oor meer as net geld gaan.
LEES OOK: Leer jou kinders om reg met geld te werk
Hulle glo een van die grootste foute wat gesinne maak is om nie oor geld te praat nie. “Deur kinders van kleins af by jul geldsake te betrek en aan hulle te verduidelik hoe ’n begroting werk, leer hulle hoe om finansies te hanteer,” sê PJ. Geo stem saam: "My pa het ons van kleins af by gesprekke oor geld betrek, en dit het beslis 'n groot impak op ons lewe gehad." Sy toekomsplanne sluit in om homself voortdurend op 'n persoonlike en professionele vlak te verbeter en waarde toe te voeg tot sy kliënte se lewe.
LEES OOK: #SakeUur: Sielkunde van geld
“Jy hoef nie jou eie besigheid te begin om welvaart te skep nie,” skryf Geo en PJ Botha, aanbieders van die TV-reeks Welvaartskeppers in hul eerste boek, Word Ryk, Bly Ryk.