On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Business

Vaal se ekonomie sukkel, maar daar is hoop

───   OLEBOGENG MOTSE 15:02 Tue, 12 Dec 2023

 Vaal se ekonomie sukkel, maar daar is hoop | News Article
Jaco Verwey. Foto verskaf

Dit was ’n uitdagende jaar vir die Vaaldriehoek se ekonomie, omdat sakeondernemings sukkel om hul deure oop te hou. Daar is egter bietjie hoop.

Die president van die Goue Driehoek Sakekamer (GTCOC), Jaco Verwey, beklemtoon dat hoewel alle oë op ArcelorMittal SA se herstrukturering en afleggings gerig is – ’n proses wat hy beklemtoon in hierdie stadium onvermydelik is, is daar ander noemenswaardige ondernemings wat moes sluit ween die ekonomiese toestande. Hy het op die OFM Sakeuur met Kayla Barker gepraat.

Hy maak melding van die sluiting van die Bedworth Park Pick n Pay wat volgens hom gelei het tot ’n groter verlies aan werkgeleenthede as die Amsa-herstrukturering in die gebied. Hy hou vol dat die kamer sal voortgaan om plaaslike ondernemings so goed moontlik te ondersteun, ondanks al die uitdagings.

Hoogtepunte

Ná ’n hofbevel in Julie deur die hooggeregshof in Pretoria het groot industriële elektrisiteitsverbruikers in die Emfuleni-munisipaliteit die groen lig gekry om hul elektrisiteitsrekeninge direk aan Eskom te betaal. Verwey sê dit is een van die hoogtepunte vir die sakekamer en georganiseerde ondernemings in die gebied as geheel, aangesien hulle die applikant in die saak was.

Nog ’n oorwinning is dat die munisipaliteit die groen lig gekry het om R5,9 miljard van sy skuld aan Eskom te laat afskryf solank die munisipaliteit dit regkry om sy lopende rekening konsekwent oor ’n tydperk van drie per jaar te diens. Verwey sê dit is goeie nuus vir die ekonomie van die gebied.

LEES OOK: Sonder Wyk 1 kan Emfuleni selfs minder die mas opkom – VF Plus

Opwindende dinge in 2024

Die Goue Driehoek Sakekamer gaan in 2024 probeer om nog ’n wêreldrekord te verbeter. In 2019 het die sakekamer twee Guinness-wêreldrekords verbeter deur die grootste handgebreide kombers ter wêreld te vertoon en die meeste komberse aan liefdadigheid binne 24 uur in Sasolburg te skenk. Verwey sê in Maart gaan hulle poog om die langste serp ter wêreld te hekel.

Enkele foto’s van die 2019-geleentheid wat OFM bygewoon het:


OFM Sakeuur cg dg

 

 

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.