Central SA
Polisie waarsku studente teen swendelaars─── 11:54 Thu, 24 Jan 2019
Die polisie in die Vrystaat waarsku studente wat verblyf soek teen swendelaars wat voorgee dat hulle woonstelle in Bloemfontein verhuur.
Die mense skep die indruk dat hulle verblyf beskikbaar het en vra studente om 'n deposito te betaal. Hulle verdwyn dan met die geld en wanneer studente wil intrek, besef hulle die woonstelle bestaan nie. Duisende studente is onderweg na Bloemfontein vir studies aan die Sentrale Universiteit van Tegnologie, die Motheo-kollege en die Universiteit van die Vrystaat. 'n Woordvoerder van die polisie sê hulle ondersoek sake van diefstal.
Sabc-nuus
