On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Landbounuus-podcast: Hulplyn om boere by te staan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:54 Fri, 01 Feb 2019

Landbounuus-podcast: Hulplyn om  boere by te staan  | News Article

Vrystaat Landbou en die Rooivleisprodusente-organisasie (RPO) in samewerking met die Nasionale Wolkwekersvereniging (NWKV) in die Vrystaat se provinsiale veediefstal-hulplyn is in werking gestel.


 'n Veiligheidsrisiko-analis van VL, Jane Buys, sê die hulplyn het ten doel om boere by te staan met die proses om verklarings af te lê by die polisie en om belangrike inligting, wat benodig word, te bekom. Sy sê die hulplyn kom nadat VL en die RPO al vir 'n  geruime tyd in die landelike beveiligingstrategie se jaarlikse oudit aandag skenk aan die uitdagings met betrekking tot die polisie se dienslewering in landelike gebiede. Dit sluit uitdagings met betrekking tot bestaande samewerkingsverhoudinge tussen polisielede en boere in.


Buys sê boere kan nou van die hulplyn gebruik maak. Verklarings sal in Afrikaans en Engels gedoen word en elektornies teruggestuur word sodat 'n klag by die polisie aanhangig gemaak kan word.


Meer boere in die westelike graanproduksiegebied van Suid-Afrika, wat nie die somergewasse wat hulle wou aanplant, kon plant nie, kan koring as 'n alternatief oorweeg. Luan van der Walt, 'n ekonoom van Graan SA (GSA), sê daar is egter verskeie faktore wat boere in ag sal moet neem.


EN...Die burgeregte-organisasie, AfriForum sê hy sal voortgaan met sy plaaslike en internasionale veldtog om bewusmaking te kweek oor moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes ondanks kritiek uit verskeie oorde. Afriforum loop gereeld deur onder kritiek dat hy onnodig paniek saai rondom dié voorvalle.   Die hoof van gemeenskapsveiligheid, Ian Cameron, sê diegene wat vinger wys na AfriForum is onder 'n wanpersepsie, want dit is 'n  werklikheid in Suid-Afrika.


AfriForum het in 'n onlangse opname aangedui daar was'n afname in moorde op plase en kleinhoewes verlede jaar in Suid-Afrika en 'n skerp styging in aanvalle gewees. Daar was 54 moorde gepleeg met 432 aanvalle wat aangemeld is. gewees. 


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.