On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

UV reageer op student se raaiseldood

───   SAZLY HARTZENBERG 10:55 Wed, 13 Feb 2019

UV reageer op student se raaiseldood | News Article

Ná die dood van ‘n Universiteit van die Vrystaat-student, sal die universiteit se Beskermingsdienste nou saam met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) werk om die 23-jarige manlike student se dood te ondersoek.


Universiteitswoordvoerder, Leonie Bolleurs, het aan OFM-nuus gesê die universiteitsbestuur beskou die veiligheid en sekuriteit van studente - beide op en weg van die kampus - van die uiterste belang. Sy sê hulle werk saam met alle belanghebbendes om hulpbronne vir die veiligheid van studente te verseker.

Die universiteitsbestuur wil graag sy diepste meegevoel aan die familie, UV-studenteliggaam en die hele UV-gemeenskap oordra.

Dit kom maande nadat OFM-nuus berig het dat die veiligheid en sekuriteit van studente op en weg van die kampus 'n groot probleem bly. Dít net nadat die Universiteit van die Vrystaat (UV) in September 2018 weer 'n week lange program oor studenteveiligheid aangebied het. Die program het by die UV-hoofkampus en Suid-kampus plassgevind net weke nadat 'n vroulike student na bewering deur haar vriend, 'n lid van die universiteit se SR, by 'n koshuis op die kampus aangeval is.

Dit kom nadat 'n skokkende ontdekking deur Bloemfonteinse studente, wat op pad klas toe was, gemaak is toe hulle vroeg Dinsdagoggend op die lyk van 'n onbekende jong man op die sypaadjie in Faurelaan in Willows afgekom het.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.