On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Trouvrou bedelaar skud op Vryburg

───   09:57 Sat, 22 Jun 2019

Trouvrou bedelaar skud op Vryburg | News Article
Skermgreep van die video

Die student, wat in 2015 opslae gemaak het toe hy by ‘n kruising in Bloemfontein vir sy trouvrou ‘gebedel’ het, is weer in die kollig. Dié keer by die Laerskool Vryburg in Noordwes waar hy deesdae ’n onderwyser is.


Maroela Media berig die 28-jarige Ammiël Smith kan in ’n video op die skool se Facebookblad gesien word waar hy behoorlik saam met ’n groep leerders litte losmaak en dans.

Dié danspassie video, wat verlede week geplaas is om die leerders ’n lekker skoolvakansie toe te wens, is sedertdien sowat 650 000 keer gekyk.

Smith 'bedel' vir sy trouvrou in 2015.


Smith, wat ’n liggaamlike opvoedingonderwyser is, het aan Maroela vertel dat hy en die leerders graag dans as deel van fiksheid en dat dit die leerders ook baie selfvertroue gee.

Op ’n vraag of hy al sy trouvrou gevind het, het Smith gebieg dat hy nog enkellopend is.


Maroela Media

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.