On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Scatec-sonplaaswerkers staak

───   16:54 Tue, 02 Jul 2019

Scatec-sonplaaswerkers staak   | News Article

Die polisie in Rosedale, tussen Upington en Keimoes in die Noord-Kaap, is vandag by die Scatec-sonplaas ontplooi waar werkers staak.


OFM-nuus se vryskutverslaggewer, Roderick Titus, berig dat die sowat 250 werkers by die sonplaas staak en op beter lone en toelaes aandring. 

Polisiewoordvoerder, Gerhard Mouton, sê die N14 tussen Upington en Keimoes is nie vanmiddag deur die staking geraak nie, maar motoriste moet versigtig wees. 

In Mei vanjaar het gemeenskapslede van Kakamas, Keimoes en Kenhardt ‘n vreedsame buite die sonplaas betoog omdat hulle met die indiensnemingsproses by die aanleg ongelukkig was. 

Dit is onbekend of die sonplaas se bestuur die werkers se griewe gaan aanhoor.

 

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.