On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Kimberley psigiatriese hospitaal amper voltooi

───   15:35 Wed, 03 Jul 2019

Kimberley psigiatriese hospitaal amper voltooi | News Article
Premier Zamani Saul

Die multi-miljoenrandse psigiatriese hospitaal in Kimberley sal volgens die Premier Zamani Saul sy deure op 20 November vanjaar oopmaak.


Die hospital is sedert 2008 reeds onder konstruksie, maar weens verskeie geskille tussen die Openbare Werke departement en die kontrakteur, Vista Park Ontwikkelaars, vertraag. 

Saul het ook terselfdertyd gemaan dat die koste van die hospitaal - wat met meer as R800 miljoen beloop - ondersoek sal word. 

Hy het verder gewaarsku dat alle persone wat hulle aan enige vorm van bedrog skuldig gemaak het, vervolg sal word. 

Saul sal na verwagting die komende Vrydag in sy provinsiale rede die Noord-Kaapse regering se planne om sukkelende departemente te help bekend maak.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.