Central SA
Registrasie vir Maluti-A-Phofung-tussenverkiesing gaan voort─── 09:43 Mon, 15 Jul 2019
Registrasie vir die opkomende tussenverkiesings in die plaaslike Maluti-A-Phofung-munisipaliteit gaan ongedeerd voort.
Dit, nadat die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) van Suid-Afrika bevestig het dat die registrasienaweek sal voortgaan soos beplan ondanks moontlike betogings. Die lang verwagte tussenverkiesings sal amptelik in Augustus plaasvind.
Vakatures in die finansieel-sukkelende munisipaliteit het ontstaan toe die ANC verlede jaar 16 van sy raadslede afgedank het nadat hulle skuldig bevind is dat hulle saam met opposisiepartye gestem het tydens die verkiesing van die nuwe uitvoerende burgemeester, Gilbert Mokotso. Die groep geskorste ANC-raadslede het hulle in Februarie vanjaar tot die Vrystaatse Hooggeregshof gewend in ‘n poging om hulle skorsing om te keer. Hulle saak is egter met koste van die hand gewys.
Die ANC het toe aangevoer dat die hofsaak die proses vir ‘n tussenverskiesing – wat na regte binne 90 dae geproklameer moet word – vertraag. Die top politieke bestuur, insluitende die uitvoerende burgemeester en lede van die burgemeesterskomitee, maak deel uit van die groep geskorste raadslede. Mokotso, wat deel is van dié groep het aanvanklik vir Vusi Tshabalala vervang. Hy is deur die Vrystaatse Provinsiale Taakspan van die ANC in Mei verlede jaar herroep nadat die munisipaliteite onder sy leierskap finansieël ineengesort het. Intussen is hy egter as ‘n lid van die Vrystaatse Wetgewer ingeseën.
Die munisipaliteit het vroeër nuusopskrifte gehaal toe 'n groep gemeenskapslede buite die ANC se hoofkwartier in Johannesburg betoog en daarop aangedring het dat die 16 ANC-raadslede weer aangestel moet word. Die munisipaliteit is tans op die lys van die tien top-munisipaliteite wat uitstaande skuld aan Eskom en Waterrade betref. Dienslewering het ineengesort en die raad moes verskeie kere probeer om die begroting ter tafel te lê. Ná die ingryping van die provinsiale Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake is die raadsitting uiteindelik op ‘n Sondag belê met die begroting as die enigste item op die agenda.
OFM-nuus/Tumelo Khota
