Central SA
Fliek oor Allen Pakkies inspireer ouers─── 07:00 Wed, 24 Jul 2019
Die gemeenskapsorganisasie, Dare to Care, in Keimoes in die Noord-Kaap, sê hulle het ‘n gemeenskap-uitreikingsprogram van stapel gestuur wat die verhaal van Allen Pakkies in verskeie gemeenskape op die grootskerm uitbeeld.
Die program is onder leiding van Esmeralda McKay van die Regering se Kommunikasiediens in Upington, McKay sê in die rolprent vertel Allen Pakkies haar lewensverhaal en maak só inwoners bewus van die gevare van alkohol- en dwelmmisbruik.
Die program het by Rooikop Eiland buite Keimoes begin. Volgens McKay het verskeie ouers die Dare to Care-span genader oor maniere hoe hulle by die program kan baat. Die projek word in die res van die plattelandse gemeenskappe in die ZF Mgacu-distrik voortgesit.
OFM-nuus/Roderick Titus
