Central SA
Nasionale Wetenskapweek in Kby bekend gestel─── 09:28 Sat, 27 Jul 2019
Die Minister van Hoër Onderwys, Wetenskap en Tegnologie, Dr. Blade Nzimande, stel vandag die Nasionale Wetenskapweek met die tema, “Facing the harsh realities of climate change” bekend.
Die bekendstelling vind vanoggend om 9-uur plaas in die Mittah Seperepere-konferensiesentrum in Kimberley, Noord-Kaap. Die gekose tema dien as ‘n beroep op die publiek om die planeet te beskerm. Daar word verwag dat meer as 2000 leerders van verskillende skole in die Noord-Kaap vandag die bekendstelling sal bywoon, waar meer as 100 uitstallings die werklikheid sal toon van hoe klimaatsverandering die planeet beïnvloed.
Tydens Nasionale Wetenskapweek, wat vanaf vandag tot 3 Augustus sal duur, sal soortgelyke aktiwiteite regoor Suid-Afrika plaasvind. Die bekendstelling van hierdie jaar is in vennootskap met die Noord-Kaapse Department van Basiese Onderwys, die Suid-Afrikaanse agentskap vir bevordering van wetenskap en tegnologie en die Universiteit van Sol Plaatje.
OFM-nuus/Elsabé Richard
