Central SA
Grondgrype vind in Stilfontein plaas─── 08:24 Sun, 28 Jul 2019
Onwettige grondbesetters in Stilfontein in Noordwes sê hulle wil hê wit en swart moet saamwoon.
Grondbesetters in Noordwes erken hulle doen dit onwettig, maar sê as dit staatsgrond is, maak dit nie saak nie.
Talle inwoners van die nedersetting Kuma, naby Stilfontein in Noordwes, beset sedert Sondag stukke grond wat aan die Matlosana-munisipaliteit, departement van openbare werke asook 'n private mynmaatskappy behoort.
Die munisipaliteit het 'n beroep gedoen op persone om nie die grond te beset nie, omdat dit nie geskik is vir menslike bewoning nie.
Hulle sê 'n ander stuk grond is vir behuising geoormerk.
