On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Twee plaaswerkers weens diefstal gearresteer

───   08:42 Sun, 28 Jul 2019

Twee plaaswerkers weens diefstal gearresteer | News Article
PHOTO: Supplied

Twee plaaswerkers is op ‘n plaas in Bultfontein in die Vrystaat weens diefstal gearresteer.


Die 30-jarige plaaseienaar van De Bruinspark het die voorval op 21 Julie aangemeld nadat hy van vakansie moes terugkeer en ingelig is oor die voorval op sy plaas.

 Die twee verdagtes is met vier selfone, 'n vuurwapen en ammunisie, drank en klere betrap. Volgens polisiewoordvoerder, Stephen Thakeng, het die verdagtes die huissleutels in die hande gekry, omdat hulle geweet het waar dit bewaar word. Thakeng het ook gesê dat die twee verdagtes werknemers op die plaas was en dat hulle Maandag 29 Julie, in die landdroshof in Bultfontein sal verskyn.

 

OFM-nuus/Elsabé Richard

 


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.