On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Bekende DA-man se omstrede dood ondersoek

───   09:53 Tue, 30 Jul 2019

Bekende DA-man se omstrede dood ondersoek | News Article
Inwoners van die omgewing het op die moordtoneel byeengekom en gebid. FOTO: Verskaf

‘n Bekende DA-man en ‘n Lesotho-burger se moorde in die Caleb Motshabi-woonbuurt in Bloemfontein maak opslae.


OFM-nuus het vroeër berig dat die lyke van twee mans – wat vermoedelik tereggestel is – vroeg Sondagoggend gevind is. ‘n Derde slagoffer is in ‘n kritieke toestand in 'n hospitaal in Bloemfontein opgeneem. Een van die oorledenes is as Molokwane Mkgoro, ‘n DA-takvoorsitter van die omgewing, geïdentifiseer. Besonderhede oor die tweede oorledene is nog nie bekend nie.

Navrae deur OFM-nuus onder inwoners in die omgewing dui daarop dat die skietvoorval verbind word met ‘n padkonstruksie-projek in die omgewing. Inwoners was glo ongelukkig oor die indiensnemingsproses vir die projek. Van die inwoners het aan OFM-nuus gesê dat Mkgoro openlik teen die indiensnemingsproses kapsie gemaak het en dat dit dalk die rede vir sy skietdood was. Die saak word deur die polisie ondersoek en sover is niemand nog in verband met die moord in hegtenis geneem nie.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.