On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Koue in Sentraal SA verwag

───   10:22 Thu, 08 Aug 2019

Koue in Sentraal SA verwag | News Article

Twee kouefronte word verwag en die eerste kouefront het reeds gister sy kop in die suide uitgesteek.


Kevin Ingram van die Suid-Afrikaanse Weerdiens het aan OFM-nuus gesê dat daar geen reën vir die Noord-Kaap voorspel word tydens hierdie kouefronte nie. Hy sê wel die koudste maksimum temperature kan vandag verwag word veral in die suidelike dele van die Noord-Kaap. 

Die maksimum temperature vir groot dele gaan na verwagting onder 14 grade wees en in die Sutherland-area, selfs onder 10 grade. Ingram sê dat die Vrystaat ook koeler temperature sal ervaar. 

Volgens hom gaan die maksimum temperature baie daal, veral in die sentrale en suidelike dele, maar die noordelike dele bly nog aan die warm kant. Ingram het bevestig dat die tweede kouefront na verwagting volgende week Dinsdag 13 Augustus kop sal uitsteek.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.