On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

#ForTheLoveOfBooks: Reading Club Extravaganza in VS bekendgestel

───   16:23 Wed, 21 Aug 2019

#ForTheLoveOfBooks: Reading Club Extravaganza in VS bekendgestel  | News Article

Die Vrystaat-tak van die Library and Information Association of South Africa (LiASA) het vandag die Reading Club Extravaganza by die Tswellang Gekombineerde Skool in Bloemfontein bekendgestel.


Dit is in samewerking met die Universiteit van die Vrystaat Biblioteek (UV), die Sentrale Universiteit van Tegnologie (CUT) en die Vrystaatse Departement van Basiese Onderwys gedoen.

LiASA strewe daarna om die kultuur van lees in laerskole aan te moedig om leerders vir ‘n beter toekoms voor te berei. Dié inisiatief is in ooreenstemming met die presidensiële tema van Collaborate@YourLibrary. Een van die sprekers, LiASA-verteenwoordiger, Senovia Wilman, het gesê leerders moet gebruik maak van plaaslike biblioteke. Sy het die erns van die afbranding van biblioteke opgehaal. Sy het verder gesê deur te lees sal hierdie generasie bemagtig word om ingeligte besluite te neem. Leerders van verskillende genooide skole het dramastukke opgevoer en gedigte voorgelees.



OFM-nuus/Elsabé Richard


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.