On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Nuwe inspirerende insetsel op OFM Nights

───   17:25 Wed, 28 Aug 2019

Nuwe inspirerende insetsel op OFM Nights | News Article

'n Nuwe insetsel genaamd “Own it”, wat Donderdae tydens Enriko Klopper se program uitgesaai word, bring hoop, en skep bewustheid van persone met gestremdhede.


Volgens OFM-nuus se Bemarkingsbestuurder, Lindiwe Mtwentula, fokus die insetsel op dapper siele wat - ondanks hul gestremdheid - die lewe met dapperheid in die gesig staar. 

Sy het ook gedeel dat die doel van die insetsel is om luisteraars wat 'n soortgelyke uitdaging in die gesig staar, te inspireer om die lewe ten volle aan te pak en die vrese wat hulle mag hê, te oorkom. 

Tot dusver is sewentien episodes uitgesaai; aangebied deur vyf individue, wat Vicki Fourie insluit - 'n voormalige Mej. Dowe Suid-Afrika, en Mej. Dowe Internasionale eerste prinses. Alle aanbieders wat gekies word, het hul eie uitdagings oorkom.

“Al is die inhoud nadenkend, is dit geensins neerdrukkend nie! Dit gaan oor vegters - diegene wat weier dat omstandighede hul lot bepaal, en daarin lê 'n les vir elkeen van ons, ” verduidelik Mtwentula.

Mtwentula het onthul dat die aanbieders van die insetsel die volgende persone insluit: “Letlhgonolo Mafela, wat sonder wapen gebore is, insluit, en onlangs 'n B.Com-graad aan die Noordwes-Universiteit behaal het. Hy gebruik sy voete en mond om te skryf, op 'n rekenaar te werk en te eet.

Vernon Barnard, wat die laaste ronde van M-Net se The Voice SA-kompetisie bereik het, is met Gloukoom gebore en is nou ná sestien oogoperasies om sy sig te probeer red, heeltemal blind. Hy is onderteken met Universal Music nadat hy in The Voice meegeding het.

Irene Fischer, voormalige aanbieder op OFM, het 'n gruwelike motorongeluk oorleef wat haar 'n hemiplegie gelaat het met 'n effense spraak hindernis. Sy het haar lewe sedertdien toegewy aan die bewusmaking en begrip van breinbeserings en breinskade.

Laastens, Terry-Ann Adams, die enigste albino in haar gesin, skool en gemeenskap. Vandag is sy 'n model, radio-aanbieder, aktivis vir gestremdhede, motiveringspreker en inhoudprodusent”.

 

OFM News/Elsabé Richard




@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.