On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Nuus pas in: Drie mans in transitorooftog by Bfn beseer

───   10:22 Tue, 03 Sep 2019

Nuus pas in: Drie mans in transitorooftog by Bfn beseer | News Article

Drie mans is vanoggend beseer in 'n transitorooftog op die N8 oorkant die Bram Fischer-lughawe in Bloemfontein.


Paramedici van ER24 het by die toneel opgedaag waar die geldwa in die middel van die pad tot stilstand gekom het met stukke van die voertuig wat waarskynlik weens 'n ontploffing rondom die toneel gestrooi was.

Volgens die ER24-woordvoerder, Russel Meiring, het drie mans geringe tot matige beserings opgedoen. Geen ernstige beserings of sterftes is aangemeld nie. Die mans is vir hul beserings behandel en daarna na nabygeleë hospitale vervoer vir verdere behandeling.

Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoeke.

'n Ooggetuie het aan OFM-nuus beeldmateriaal gestuur wat wys hoe geld oor die pad gestrooi is. In daardie stadium was polisie nog nie op die toneel nie.


Daar is nog geen duidelikheid rakende wat presies gebeur het nie. OFM-nuus wag op kommentaar van die polisie.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.