Central SA
Groot opwinding heers op die vooraand van die Curriebeker-eindstryd─── MORGAN PIEK 15:36 Fri, 06 Sep 2019
Die Cheetahs met hul vorige Curriebeker oorwinning/Nicolette Taljaard
Groot opwinding heers op die vooraand van die Curriebeker-eindstryd tussen die Toyota Vrystaat Cheetahs en die Goue Leeus in Bloemfontein.
Vanoggend het die kaartjie verkope die 35 000 merk oorskry, en tans blyk dit asof die kragmeting sal uitverkoop.
Volgens die wedstryd bestuurder, Piet de Necker, is daar nog goeie kaartjies beskikbaar vir die eindtryd.
Môre se eindstryd in die Toyota-stadion skop om 17:00 af.
OFM-nuus
