Central SA
Bethlehem-moordsaak uitgestel─── 09:17 Tue, 10 Sep 2019
Die 40-jarige verdagte wat Saterdag in hegtenis geneem is in verband met die moord van ‘n 77-jarige vrou wie se lyk naby die Utopia-begraafplaas gevind is, se saak is gister uitgestel tot 16 September vir borgtogaansoek.
Die verdagte, wat as Sello Moeti bekend staan, bly in aanhouding. Moeti staan tereg op ‘n aanklag van moord en diefstal nadat dit aan polisie bekend gemaak is dat hy Miemie Frost Saterdagoggend na bewering met 'n stomp voorwerp oor die kop geslaan het. Polisiewoordvoerder, Puleng Lebakeng, het aan OFM-nuus bevestig dat die verdagte 'n voormalige werknemer is op die plaas waar die oorledene alleen gewoon het. Lebakeng het bygevoeg dat 'n lid van die gemeenskap die polisie gewaarsku het toe hulle sien dat die verdagte petrol in die oorledene se voertuig gooi.
OFM-nuus/Elsabé Richard
