On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

NK-gemeenskap vra dat raadslid bedank

───   11:26 Wed, 11 Sep 2019

NK-gemeenskap vra dat raadslid bedank | News Article

Inwoners van Ritchie in die Noord-Kaap is ontevrede oor die onlangse aanstelling van subkontrakteurs wat by 'n beweerde provinsiale padopgradering van R49 miljoen betrokke is eis die bedanking van 'n raadslid.


Hulle het gister die onmiddellike bedanking van een van die raadslede, John Makhamba, geëis.

Makhamba, wat gistermiddag die gemeenskap toegespreek het, het die betoging veroordeel omdat leerders en werkers negatief geraak word en gevra dat die gemeenskap moet kalmeer. Die polisie is Maandag met die eerste betogings na Ritchie ontplooi, maar die situasie het al meer gespanne geword soos woede teenoor die raadslid toegeneem het.

Inwoners is na bewering woedend omdat hulle glo dat Makhamba by die aanstelling van sekere sub-kontrakteurs betrokke was. Makhamba het gister die bewerings ontken en aan OFM-nuus gesê as raadslede het hulle nie 'n sê oor wie aangestel word nie. Raadslede kommunikeer bloot inligting aan die gemeenskap.

Hy het ook bygevoeg dat hy op Sondag 8 September 'n vergadering met inwoners gehad het en hulle aangemoedig het om hom by die polisie aan te kla as hulle inligting het dat hy betrokke is by die betrokke maatskappye of die aanstellings.

Makhamba het ook verduidelik dat hy die vermoede het dat die betogings 'n politieke motief het. Hy het verder bygevoeg dat raadslede slegs 'n gemeenskapsprojek kan fasiliteer deur die inligting aan die gemeenskap te kommunikeer, maar as dit by inligtingsessies oor terreine, tenderprosesse, beoordeling en die verifikasie kom, is hulle glad nie betrokke nie.

Inligting oor die vraag of hy wel sal bedank, is in hierdie stadium onbekend.

Polisiewoordvoerder, Dimakatso Mooi, het aan OFM-nuus gesê dat die polisie tans in ‘n vergadering is met die raadslede om ‘n oplossing te probeer vind.

Verder word beweer dat ‘n vrou in haar sestigs gister in die knie deur een van die rubberkoeëls getref is. Daar word beweer dat Matshidiso Lerata in haar erf was toe die insident plaasgevind het. Verder wys 'n video wat op WhatsApp versprei is hoe ‘n polisievoertuig deur Ritchie ry en skielik skote vuur.



OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.