On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Caleb Motshabi-moordsaak weer eens uitgestel

───   15:24 Thu, 26 Sep 2019

Caleb Motshabi-moordsaak weer eens uitgestel | News Article

Die drie verdagtes wat tereg staan op die moord van twee Vrystaatse DA-lede en ‘n Lesotho-burger is vandag in die Bloemfonteinse Landdroshof weer eens uitgestel tot 9 Oktober 2019.


Dit kom nadat beskuldigde nommer een en twee hul borgtogaansoeke laat vaar het. Die derde beskuldigde in die saak sal dan tydens die vogende verskyning om borgtog aansoek doen.

Dit nadat die lyke van Molokwane Mkgoro en die Lesotho-burger in Julie vanjaar in 'n veld in die Caleb Motshabi-gebied gevind is. Die derde slagoffer wat ook op die toneel gevind is, DA-lid Godfrey Mbalula, is in die Pelonomi-hospitaal dood as gevolg van die wonde wat hy opgedoen het. Daar word verneem dat dié drie tereggestel is.

OFM-nuus het voorheen berig dat navrae onder inwoners in die omgewing daarop gedui het dat die skietvoorval verbind word met ‘n padkonstruksie-projek in die omgewing. Inwoners was glo ongelukkig oor die indiensnemingsproses vir die projek. Van die inwoners het aan OFM-nuus gesê dat Mkgoro openlik teen die indiensnemingsproses kapsie gemaak het en dat dit dalk die rede vir sy skietdood was.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.